Dit is die amptelike beleid van die firma om voorkeur te gee aan toepaslik gekwalifiseerde kandidate met die aanstelling van nuwe personeel. Dit verseker dat ons 'n hoë vlak van vaardigheid en kwaliteit handhaaf. Ons personeel wissel van gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeesterleerlinge tot BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)-grade wat studeer vir die GR(SA)-kwalifikasie.
Ons het huidiglik ’n personeelkrag van 37 personeellede, gestruktureer binne die verskillende afdelings en ondersteuningsfunksies. Ons moedig kontinuïteit in dienslewering aan deur toekenning uit ouditbestuurders en leerlingrekenmeesters vir die duur van hul leerlingkontrakte, wat gelykstaande is aan ’n minimum van 3 jaar. Sodoende kan ons aan ons kliënte se vereistes en behoeftes voldoen en dus daardeur langtermynverhoudings bou.
Vergoeding en voordele
Alle personeel word vergoed op grond van kwalifikasies en verantwoordelikhede.
Personeelopleiding en -ontwikkeling
Om te sorg dat die toepaslike vaardighede en waardetoevoeging volhoubaar kan ontwikkel, word alle personeel onmiddellik na aanstelling na die opleidingskursusse gestuur. Daarbenewens word hulle ook gestuur vir verdere opleidingskursusse soos hulle groei in die firma. Verder het ons 'n gevestigde interkantoor-opleidingsafdeling waar personeel en kliënte weeklikse opleiding in rekeningkunde, belasting en ouditering, met betrekking tot praktykverwante navrae en veranderinge bywoon. Drie toepaslik gekwalifiseerde mentors is besig met ’n formele opleidingsprogram, aanbieding daarvan en die ontwikkeling en verspreiding van studiemateriaal.
Die firma moedig verdere studie en formele kwalifikasies aan deur die toekenning van studieverlof bo en behalwe normale jaarlikse verlof.
Vennote |
||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
|
|
|
|
Afdelingshoofde |
||
![]() |
![]() |
![]() |
|
Magda Austin
Kantoorbestuurder |
Petro Robbertse
Administratiewe bestuurder |
|
![]() |
![]() |
|
|
|
||
![]() |
![]() |
![]() |
|
Elzette Nell
Statutêre bestuurder
|
Ansie Potgieter
Maandelikse boekhou administrasie |
Ansa Roos
Maandelikse boekhou administrasie
|
Persoonlike Assistente |
||
![]() |
![]() |
|
|
Yvonne O'Neil
Persoonlike assistent tot Antoon van Tonder |
Jeanne-Mari van Eyk
Persoonlike assistent tot Johan La Grange Theunis O’Neil en |
|




.jpg)



.jpg)






