MVB MVB
Welkom

MVB is ’n dinamiese geregistreerde rekenmeesters- en ouditeursfirma in Brooklyn, Pretoria, gebaseer. Ons is ’n diensgeoriënteerde firma met ’n doelgerigte benadering tot groei en ontwikkeling. Ons bied aan ons kliënte wêreldklasoplossings en lewer ’n omvattende reeks reken– en ouditkundige dienste. Dit sluit ons forensiese en interne oudit departemente in.

Die hoeksteen van MVB se besigheidsfilosofie is ons hoogs professionele standaarde en die vermoë om topgehalte dienste aan ons kliënte te verskaf.

MVB is trots om ’n Vlak 2 SEB-geakkrediteerde entiteit te wees.

Visie en Missie

Om binne ’n vinnig veranderende Suid-Afrika professionele en dinamiese bydrae te lewer in die beste belang van ons kliënte.

Dit wil ons bereik deur:

  • Met elke opdrag vir die kliënt waarde toe te voeg.
     
  • Professionele dienste aan ons kliënte te lewer teen bekostigbare pryse.
     
  • ’n Alternatief te bied teenoor die groot rekenmeesters- en ouditeursfirmas.
     
  • Persoonlike kontak met elke kliënt te handhaaf en sodoende ’n breër kennis van die kliënt se eie behoeftes te kry en daarvolgens te beplan en diens te lewer.
     
  • Elke kliënt se belang ons belang te maak.
     






Teken Aan



Geldeenhede

Nuutste Koerse
Prima
Repo
Inflasiekoers

6%


Hosted DevelopedDesignedClearmark Website Development Pretoia
Kopiereg 2012 MVB. Alle Regte Voorbehou